DIE WENS VAN N KINDJIE-
My handjies is klein. Moenie volmaaktheid verwag wanneer ek ‘n prentjie teken, ‘n bal gooi, my skoenveters vasmaak nie. My beentjies is nog kort. Ek kan nie altyd byhou nie. My oë sien gedurig nuwe dinge raak. Laat my toe om hulle van naderby te ondersoek.
Vergeet die skoolwerk vir ‘n rukkie en verduidelik aan my die dinge wat ek nie van hierdie wêreld verstaan nie. My gevoelens kry ook seer. Moenie op my skree en neul oor dinge wat ek verkeerd doen nie.
Vertroetel my soos ‘n kleinnood. Lei my op die regte pad. Leer my die lewenslesse met liefde.